

Ons leerders is bevoorreg om gedurende die senior fase uitstappies te onderneem: Die Durbantoer in graad 5, die Kaaptoer in graad 6 en die omgewingsstudie uitstappies oor die hele KwaZulu Natal in graad 7. Hierdie uitstappies vorm verseker hoogtepunte vir elke KJS leerder. Hulle kennis word verbreed en lewenslange ervarings word opgedoen.